395px

Não Vá Embora

Herman Van Veen

Moenie weggaan nie

Moenie weggaan nie
jy moet liewer vergeet-
maar
jy moet net onthou:
verby is verby
wis uit die tyd
van misverstand
en die tyd verspil
die aanhou probeer
om te vergeet
van die weggaantyd
gister het gebeur
moenie weggaan nie

Maar ...
ek belowe jou nou:
gepêrelde dou
juwele van reën
want so word ons een
ek sal die aarde verskuif
tot lank na my dood
met glans jou beklee
in goue lig doop
ek gee jou'n ryk
waar die liefde regeer
soos die liefde ons leer
in ons klein koninkryk
moenie weggaan nie

Kom luister na my:
in elke- dag- taal
vertel ek vir jou
'n liefdesverhaal:
twee mense leer
twee harte versmelt
een liefde ontvlam 'n tweede keer
ek vertel 'n verhaal
van 'n koning se nood
hy sterf van sy liefde
want weggaan is dood ...
moenie weggaan nie

Het jy al gesien-
hoe 'n verkluimde vulkaan
wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan?
ek dink dit is waar
'n veldbrand wat brand
maak ryker die oes
as 'n ryk somersjaar
en kom die nag
verhelder die lug
as die rooi en die blou
in die aandskemer trou
moenie weggaan nie

So min bly nou oor:
ek huil nie meer
ek praat nie meer nie
ek wil nie meer nie
ek is nie meer nie
die lewe is leeg
is leeg sonder jou
maak my die skaduwee van jou skadu
maak my die eggo
van die woorde uit jou mond
van jou voetstap op die grond
moenie weggaan nie

Não Vá Embora

Não vá embora
você deve esquecer melhor -
mas
você só precisa lembrar:
passado é passado
suma do tempo
de mal-entendidos
e o tempo desperdiçado
continuar tentando
esquecer
do tempo de ir embora
o ontem aconteceu
não vá embora

Mas ...
eu te prometo agora:
orvalho pérola
joias de chuva
pois assim nos tornamos um
eu moverei a terra
muito tempo depois da minha morte
te vestirei com brilho
te banharei em luz dourada
eu te dou um reino
onde o amor reina
como o amor nos ensina
no nosso pequeno reino
não vá embora

Vem ouvir-me:
em cada- dia- língua
conto pra você
uma história de amor:
duas pessoas aprendem
dois corações se fundem
um amor se acende uma segunda vez
eu conto uma história
de um rei em apuros
ele morre de amor
e porque ir embora é morrer ...
não vá embora

Você já viu -
como um vulcão adormecido
que parece ter vivido pode entrar em erupção?
eu acho que é verdade
um incêndio que queima
faz a colheita mais rica
que um rico verão
e quando a noite chega
ilumina o céu
quando o vermelho e o azul
se casam no crepúsculo
não vá embora

Tão pouco resta agora:
eu não choro mais
eu não falo mais
eu não quero mais
eu não sou mais
a vida está vazia
está vazia sem você
faça de mim a sombra da sua sombra
faça de mim o eco
das palavras da sua boca
do seu passo no chão
não vá embora